Koos Kombuis Onder In My Whiskeyglas Lyrics

Onder in my Whiskey Glas - Koos Kombuis

Onder in my whiskey glas sien ek jou weer
onthou ek hoe ons was, maar nou's my hart so seer
Die kroeg se deur is toe, wasem hang in donker lug
Ek lig my glas op om te proe, maar voor my sien ek jou gesig

Chorus:
Onder in my, onder in my,
onder in my whiskey glas
is jy nog aan my vas

Ek het jou verruil vir die droom van 'n duisend kontinente
maar nou sien ek my glas se boom en ek tel my laaste sente
Jy's orals in my hier vannag, ek voel jou in my lewe
whiskey is hard en jy is sag, jy is bo drank verhewe

chorus

Drie skepe moes my wegvoer na lande ver van hier
maar daar's skimme op die vloer en visioene in my bier
Ek weet ek was verkeerd gewees, my oe traan, my maag wil draai
my drome was nog vis nog vlees, drie skepe het my hart verraai

chorus

See also:

60
60.31
Lara Pausini Il Mio Canto Libero Lyrics
Wsin y Yandel porque me tratas asi Lyrics