Laurika Rauch Lisa se klavier Lyrics

LISA SE KLAVIER

Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

Koor:
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop
Of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
En kyk na kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see

Koor

En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk
Ver na bo
Vanuit die vullis van oranjestraat

Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom

Koor

Woorde en Musiek: Koos Kombuis
Uitgewer: Trapsuutjies Uitgewers

See also:

69
69.48
L. Cohen Aleluya Shreck Lyrics
Eros Ramazotti La Sombra Del Gigante Lyrics