Nefies Olimpiese Seuntjie 10|1 Sonder 'n Beentjie Lyrics

Dit het als begin met 'n seun,
beste in elke span,
fris en sterk,
die beste in enige werk

Sy pa was 'n monster
en sy ma ongetwyfeld afgryslik
maar hy het bo gebly
hoofsanger in die kerk

10|1, sou hy president wees
10|1, sy hele lewe 'n fees
10|1, almal se held
10|1, versuip in die geld

Die volgende ding in sy lewe
was hartverskeurend erg
hy het sop gekoop in Pick 'n Pay
Toe 'n trollie sy been afry

Hy het in sy eie bloed geplas
toe 'n asynbottel op hom oopbars.
Met ondenkbare pyn het hy geskree:
"Wie gaan die poespas van my afvee!"

10|1, gaan hy sy been raam
10|1, is sy nuwe naam Braam
10|1, wag daar beter dae
Woop die die doo, ja ja ja

Hy kon nie die terugslag verdra nie
kan nie glo sy been is nie daar nie
hy tik gom en gras op die skouer
en sy afbeen raak al kouer

Maar Lisa, O Lisa!
Die mooiste moontlike oorlose persoon
Help met 'n versnellende spoed
vir Braam op sy enigste voet

.........
.........mooi Olimpiese Seuntjie
Tien teen een, sonder 'n beentjie
tien teen een

Hul trou met Pick 'n Pay se geld
gaan hou honeymoon in die trollie
Hy speel nou Kitaar vir Kurt Darren
en sy verkoop gemaalde lusern

Hy slaag matriek met geluk
Vang 'n Doktersgraad in Stellenbosch
koop vir homself 'n robotbeen
met geld wat hy by Kurt Darren leen

10|1, gaan hy president wees
10|1, sy hele lewe 'n fees
10|1, almal se held
10|1, versuip in die geld

David Smit en hendrik petz

See also:

72
72.40
B-Real, Coolio, Busta Rhymes, LL Cool J and Method Man Hit 'em High (The Monstar's Anthem) Lyrics
Michael Bolton Paradise Lyrics