Retief Burger Hier is ek Lyrics

En hier is ek met my sondesak
en die stof klou aan my kleed
Ek het ver gekom en die reis het my gebreek
Die verbode land van skuld en seer het my alleen gelos
En ek soek weer na my Pa se diepe siele kos

Hier is ek, gebroke
Hier is ek, verlore in myself
Hier is ek, by U voete Heer
Want hier is lewe en genade
Vir 'n kind...

En soveel keer het ek geval en my skouers deurgeskaaf
Want ek bly nog glo die las moet ek self dra
Maar tog is dit weer U wat na my toe aangehardloop toe kom
En U arms van vergiffenis om my vou

Hier is ek, gebroke
Hier is ek, verlore in myself
Hier is ek, by U voete Heer
Want hier is lewe en genade
Vir my...

Genade vir my...
U genade vir my...
U genade vir my...

En hier is ek, gebroke
Hier is ek, ek so verlore in mself
Hier is ek, by U voete Heer
Want hier is lewe en genade
Vir my...

U genade vir my...
Ek leef uit U genade...
Ek is wat ek is deur U genade...
Net u genade...
U genade...

See also:

76
76.77
Khánh Ly Nắng thủy tinh Lyrics
Alabama Fireworks Lyrics