Laurika Rauch Kinders van die Wind Lyrics

KINDERS VAN DIE WIND (Lirieke Koos du Plessis)

Ek ken 'n ou, ou liedjie ..Van lewenswel en -weë
Van lank vergane skepe In.. die kelders van die see

Die woorde is vergete ..en tog, die deuntjie draal
Soos vaag onthoude grepies.. Uit 'n baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting ..soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar.. Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name ..is deur die wind verwaai
En waarheen al die name is ..sou net 'n kind kon raai

Van swerwers sonder rigting.. soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar.. Net kinders van die wind

En eindelik was almal maar.. Net kinders van die wind

En eindelik was almal maar.. Net kinders van die wind

Net kinders van die wind

See also:

95
95.123
Alex C feat. Yass Sex an der Bar Lyrics
Sarom Wallada la omeya Lyrics