Karen Zoid Maak nie regtig saak nie Lyrics

My geld is klaar
En die rand is laag
En Aids is 'n virus
Aids is 'n plaag
En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie.

Jy's lief vir die partie
En lief vir die jol
Maar die kerke is leeg
En die tronke vol
Dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie.
Die katte miaau
En die honed blaf
En die kinders brand hulle skole af
En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie.

Hy's gatvol vir sy boere barok
Nou dra hy lipstiek
En hy dra 'n rok
En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie, baby
Dit maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie

Die shows op TV is uiters swak
Ja, die shows op TV is nogal...
Kan niemand iets nuuts konseptualiseer nie?
Wil iemand nie net a__eblief probeer nie?
Die shows op TV is almal dieselfde
Wat het geword van my kinder dae helde?
Het ek die mentaliteid van 'n blomkool?
Net soos my onderwyers van hoërskool?
Dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie
En dit maak nie, dit maak nie regtig nie
Dit maak nie regtig, maak nie regtig saak nie

Twee kitare en 'n bosveldvuur wat brand
Hou my lief vir hierdie lewe
Hou my lief vir hierdie land
Goeie vriende
Vriende aan jou kant
Help jou stuier teen die wind
Teen die bloed en teen die sand
En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie
En dit maak nie, dit maak nie saak nie

Jy's cheap
En petrol's duur
Daars sestig minute
In elke uur
En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie.

See also:

96
96.98
Jay & Lara Shan Hu Hai Lyrics
Jay & Wen Lan Wu Ding Lyrics