Zinkplaat Piekniek Op Die Maan Lyrics

Ek gooi 'n klippie teen jou ruit
en kyk hoe jy deur jou gordyne loer
En ek het klaar besluit
ek gaan jou ontvoer
En as jy wonder
waarheen ons gaan
Vanaand skiet ek jou
vir 'n piekniek op die maan

Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

Ek sien hoe jy besluit
terwyl jy maak asof jy leer
En die onsekerheid
want daar's alles wat jou keer
Maar ek weet jy het
klaar jou pajamas aan
Maar vanaand skiet ek jou
vir 'n piekniek op die maan

Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

Jou asem maak wasem
teen die glas
en jy kyk na my spore
in die dou op die gras
so los net als
en los jou tas
en kom net saam

Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

wolk is ons kombersie
ons hou piekniek op die maan...

See also:

107
107.84
Dj Zebra Dj Zebra - Joey Starr VS Star Lyrics
เบล ถ้าในโลกนี้ไม่มี... Lyrics