Amanda Strydom Stoom Lyrics

Ek het gedroom jy staan weer voor my
Soos die nag op Naval Hill
Jare gelede, in die koue in Bloemfontein
En alles was dieselfde, asof niks verander het
Die hamburgers van Moses, die Tassies langs ons bed

Ek het gedroom jy raak weer aan my w___
Soos die nag op Seinheuwel
Jare gelede, die somer in Kaapstad
En alles was dieselfde, asof niks verander het
Die slaptjips in koerantpapier, die whiskey langs ons bed

En ons maak stoom, stoom, stoom
teen die ruite
Stoom, stoom, stoom
Op die mat
Stoom, stoom, stoom
op die tafel
Stoom
in die bad

Ek het gedroom jy bel my onverwags
Uit 'n hotel soos daardie dag
Jare gelede, September, Johannesburg
En alles was dieselfde, asof niks verander het
Die kerslig in die restaurant, sjampanje langs ons bed

Ek het gedroom jy soen my op die strand
Soos die nag in Koffiebaai
Jare gelede, die Krismis in Transkei
En alles was dieselfde, asof niks verander het
Die vis op die kole, die sjerrie langs ons bed

Ek het gedroom jy het nooit weggegaan
Ek het gedroom jy't in die deur bly staan
En omgedraai en teruggekom
Ek het gedroom
Ek het gedroom
Ek het gedroom
Ons maak stoom

En ons maak stoom, stoom, stoom
teen die ruite
Stoom, stoom, stoom
Op die mat
Stoom, stoom, stoom
op die tafel
Stoom
in die bad

See also:

110
110.48
Allan Edwall Fem Apparater Lyrics
Guns N' Roses Don't Cry [Original Version] (Pedro) Lyrics