Amanda Strydom Whisky, water, weemoed Lyrics

Westdene, whisky, water - Sodom uiteindelik stil
Net uit Westbury klink daar sporadies 'n skoot
'n Sirene loei - iemand is dood

Gewapen met glas, whisky en water
Klim ek tot bo-op die dak
Ek skink en ek drink en ek kyk na die snelweg
Lê op my rug, verdwyn in die melkweg

En die weemoed kom met 'n magtige grom
ongenooid, uit die bloue, astrant
maak nes in my holtes, kom lê in my glas
En ek verlang na almal wat ver is

Nog 'n whisky met water - 'n boeing dreun oorhoofs verby
Ek verbeel my ek vlieg saam in eersteklas
Ongebonde, vonkelwyn in my glas
Liggies flikker blink op die vlerke
Bestemming onbekend
Geen bagasie, verlede vir ewig verby
Uit die land uit, ek is vry

En die weemoed kom met 'n magtige grom
ongenooid, uit die bloue, astrant
maak nes in my holtes, kom lê in my glas
En ek verlang na almal wat ver is

Westdene, whisky, water - Sodom uiteindelik stil
Ek hou nagmaal vir almal wat maal deur die nag
Vra vergifnis en wag op die dag x2

See also:

110
110.93
Daniel Powter - Daniel Powter Jimmy Gets High Lyrics
Asala Track 1 Lyrics