Amanda Strydom Herbergier Lyrics

As jy wil vlug van alles
Profete, dromers, malles
My deur word nooit gesluit
Maar hou die hele wêreld uit

En praat, maar niemand hoor nie
Ek dra geen woord ooit oor nie
Ek luister wat jy sê, maar in my hart bly alles lê

Die nag is net toe deure
Gegrendel en gesluit
En hoop klop soveel kere
maar die stilte hou hom uit
Ek weet

En as jy wil huil
Ek steur nie
Daar's geen oor teen jou deur nie
Geniet net wat ek het
Ek het die tyd my huis belet

See also:

110
110.93
Matt Mays The Past Lyrics
Thomas Pontier Le Megalo Lyrics