Amanda Strydom Hotel Royale Lyrics

Daar is niks royal aan hierdie hotel nie
Die nagwaak sit buite en slaap
Die portaal is verlate, geen siel by die toonbank
Ek is moeg van die reis, dis laat

Orals is tekens van eertydse glorie
Die klok het gaan staan op half agt
Maar daar's 'n vuur in die kaggel, 'n jas op 'n stoel
Iemand het voorsorg getref teen die nag

Ek kry skielik koud op die stoel langs die toonbank
En staan haastig op, beweeg na die vuur
Bokant die kaggel hang vergeelde portrette
Van beroemde ikone, wat soek hulle hier?

Ek sien Piaf, Garland, Billy Holiday
Jim Morrison, Jim Hendrix, Jim Groce
Dietrich, Hemmingway, Marilyn Monroe
Freddy Mercury en James Dean

We are proud that these stars chose the Hotel Royale
Breakfast at six, we dine seven thirty
At tea time you must try our cake
Die inskripsie is amper verbleik

Welkom, welkom by die Hotel Royale
Net die crème de la crème word hier onthaal
Jy kwalifiseer, jou tafel's gedek
Jy ken die kontrak - niemand vertrek

Daar is niks royal aan hierdie hotel nie
Ek mik vir die deur, ek moet uit
Stemme weerklink uit die vuur in die kaggel
Ek ruk en ruk aan die deur, maar dis gesluit

Ek draai om - en versteen - die portaal is vol mense
Wat opgeruimd lag en gesels
Marlene kom statig die wenteltrap af
Knipoog vir my en rangskik haar pels

Ek sien Janis Joplin en Vincent van Gogh
Speel skaak in die kroeg en drink bier
James Philips, Jacques Brel en Koos du Plessis
Deel 'n pyp en gooi nog 'n stomp op die vuur

Ek word verswelg deur die malende skare
John Lennon stop 'n glas wyn in my hand
Ons dans in 'n kring om Ella Fitzgerald
En ek kan nie meer terug nie - ek brand, ek brand

Welkom, welkom by die Hotel Royale
Net die crème de la crème word hier onthaal
Jy kwalifiseer, jou tafel's gedek
Jy ken die kontrak - niemand vertrek

See also:

110
110.93
Disney Mi dulce y linda flor Lyrics
Mucky Pup You Stink But I Love You Lyrics