Amanda Strydom Rit huistoe Lyrics

Vuisvoos maar gefokus
Ek ry en ry en ry deur die lang Karoo
Met 'n suitcase vol gedagtes, ek kyk die ding maar so
Tussen Johannesburg en Noupoort word die landskap stadig klip
Die klippe word 'n oseaan, my Nissan word 'n skip

Vuisvoos, maar gefokus
Ek kry die wind van voor
En die pad beef in die hitte soos die son die aarde moor
Duskant Middelburg
ry daar 'n trok by my verby
op die deure die woord 'Unity" in neonblou gesprei
Die trok jaag oor die vlaktes van die krakende Karoo
En ek wonder hoeveel mense nog in unity kan glo

Vuisvoos, maar gefokus
Vuisvoos teen die wind
Vuisvoos maar nog regop
Vuisvoos teen die wind

Op Cradock gooi ek petrol in
Ek voel die Oos-Kaap in my bloed
Amper tuis, amper tuis my hartland
En ek ruik my ma se beddegoed

Op Radio Algoa sing John Denver uit die dood
"Take me home country roads" as ek by Cookhouse verbystoot

Al die ou bekende name groet my langs die pad
Bakens wat nog sterk staan, wat my altyd huistoe vat
Middleton, Alicedale, Somerset-Oos
Paterson, Jansenville, Kommadagga
Kinkelbos en Kirkwood, Sondagsrivier
Pearston, Colchester, Coega

Die wêreld word nou groener, ek draai my venster oop
Ek ruik die see by Aloes, sit my voet neer en laat loop
En skielik sien ek water, ek voel die Baai se wind
En ek verbeel my ek hoor Pappa vra
"My vrou, waar bly die kind?"

Vuisvoos, maar gefokus
Vuisvoos teen die wind
Vuisvoos maar nog regop
Vuisvoos teen die wind

Ek onthou opeens gelate
En die engele lag saam
Daar was 'n naambord langs die grootpad
"Perseverance" was sy naam

See also:

110
110.93
(b0b1)Krisko Tq E Kuchka Lyrics
Thomas Pontier J't'attends Lyrics