Amanda Strydom Gees van die kind Lyrics

Jy fassineer my
Hipnotiseer my
Jy bekeer my
Laat my doop
Manipuleer my
Motiveer my
Orkestreer my
Gee my hoop

Iemand moet die kettings breek, iemand moet die brug oorsteek
Iemand moet die slang vermoor, sy kop met duisend dolke boor
Ek sal opstaan

Konfiskeer my
Verinneweer my
Terroriseer my
Gee my stroop
Molesteer my
Onteer my
Impliseer my
Die deur is oop

Jy kan doen wat jy wil ek is hier om te bly
Ek is die gees van elke kind wat op die aarde ly
Jy kan my nie ignoreer nie, jy sal dit voel wanneer ek skree
Jy sal betaal vir jou vergryping tot die berge antwoord gee
Ek is die gees van elke kind

Ek gaan groot word
Ek gaan slim word
Ek gaan sterk word
Hou my dop
Ek gaan opkrop
Ek gaan vreemd word
Ek gaan kwaad word
En dan ontplof

Iemand moet die kettings breek, iemand moet die brug oorsteek
Iemand moet die slang vermoor, sy kop met duisend dolke boor
Ek sal opstaan

See also:

110
110.93
MAGAZIN Jdi I Ne Budi Ljude (MHJ '98) Lyrics
Max De Angelis Silvia Stella Lyrics