Amanda Strydom Hooglied Lyrics

Stil nou, stil nou, kom lê by my blom
Bly by my tot Maandag, of tot die dagbreek kom
Jy het die mooiste oë, jou hande ruik na grond
Jou arms hou my warm en daar's heuning in jou mond
Heuning in jou mond

Gee my jou asem, laat my rustig drink
Drink dan ook van myne en ek sal aanhou skink
Met dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê

Ek het jou lief, ek het jou laf
En ek is lam van liefde
Ek het jou lief, ek het jou laf
En ek is lam van liefde

Soen my in die more as ek lui is van die slaap
Streel my op die platteland en eet my in die Kaap
Jou hare blink soos koring, jou rug is hard en sterk
Jou nek 'n dawidstoring en jou naeltjie is
Jou naeltjie is 'n kerk

Jou stem is sagte vere, jou lag 'n saksofoon
Jou ritme is aansteeklik en jou heupe is 'n troon
Met dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê
Ek het jou lief, ek het jou laf
En ek is lam van liefde
Ek het jou lief, ek het jou laf
En ek is lam, lam van liefde
En ek is lam van liefde

See also:

110
110.93
D.C. Lee/Guru/Ronny Jordan No Time to Play Lyrics
Tori Amors Winter Lyrics