Amanda Strydom Die dag sal kom Lyrics

Die dag sal kom, die uur sal slaan
Ek sal jou sien en stil gaan staan
En alles los vir wat dit is
Dit staan geskryf, die lot beslis

Die dag sal kom, die uur sal slaan
En my ou wêreld sal vergaan
Die muur sal val en die grens verdwyn
Ek sal nooit weer dieselfde wees

Die dag sal kom, die uur sal slaan
Die haan sal kraai en ek sal myself verraai
Vir jou, vir goed, vir altyd, vir solank die liefde staan

Die dag sal kom, die uur sal slaan
Die son sal nooit weer onder gaan
Net die lig sal bly en die nag verdwyn
En ek sal nooit weer dieselfde wees
Die dag sal kom, die uur sal slaan
Die haan sal kraai en ek sal myself verraai
Vir jou, vir goed, vir altyd
Vir jou, vir goed, vir altyd
Vir solank die liefde staan
Vir solank die liefde staan

See also:

110
110.93
La Mente Grandes Exitos (Les Desea La Mente) Lyrics
Fear My Thoughts Accelerate or Die Lyrics