Amanda Strydom Madame Julie Lyrics

Madame Julie bespreek soos gewoonlik 'n tafel vir twee
Sy arriveer om twaalf soos gister en eergister
Net Roberto weet sy sal alleen eet
Hy ken die roetine en doen hoflik mee

Dis nou twintig jaar dat hy haar by tafel dertien bedien
Sy hoef nie te vra nie, hy's dadelik by met twee glasies wyn
Met haar rug na die straat sal sy begin praat
met die man wat net sy en Roberto kan sien

En die klante kom, die klante gaan
En die tyd stap aan, die tyd stap aan
Maar vir Madame en Roberto sal die klok teen muur
Altyd op twaalf uur bly staan

In die tyd toe sy bloesend en blond was
En haar minnaar sterk en gesond was
Het hul liefde gedy en alles was moontlik
Al was hul passie vir preutses afstootlik

Die elite kon skaars hul weersin verberg
As Madame arriveer aan die sy van haar dwerg
Maar vir haar was hy alles, haar dag en haar nag
Sy't haar min gesteur aan mense wat lag

En die klante kom, die klante gaan
En die tyd stap aan, die tyd stap aan
Maar vir Madame en Roberto sal die klok teen muur
Altyd op twaalf uur bly staan
Altyd op twaalf uur bly staan

Maar die noodlot het tipies alles verbrou
Hy het gesterf, sy het bly leef
En Madame bly verlore, effe mal en beskore
om vir altyd haar klein generaal te laat leef

Lala la lala lala la lala
Lala la lala lala la lala
En die klante kom, die klante gaan
En die tyd stap aan, die tyd stap aan
Dadadaai da daai dadaai da daai
Dadadaai da daai, die tyd moet aan

See also:

110
110.93
Mambrú Ella y el Lyrics
MAGAZIN Kasno Je (Dora '99) Lyrics