Amanda Strydom Kom tog by die punt Lyrics

Frekie en die dominee gesels op TV
Die fokuspunt die kerk, spesifiek die NG
Aha aha amen
Frekie is welsprekend, die dominee gedwee
Ek bekyk die konsternasie oor 'n beker rooibostee

Kom tog by die punt uit, sê wat jy bedoel
Wat is jou agenda, wys ons, wys ons, wys ons
Hoe jy voel

Die fyn gekose woorde, die verhewe retoriek
Die veilige opinies, maak my onmiddelik siek

Frekie vra: "Doktor, sê ons waar u staan"
Doktor antwoord: "Ons het nie die Bybel reg verstaan"
Aha, aha, amen
Ek stik so byna in my tee, eerwaarde lyk gedaan
Frekie vra versigtig: "Nou waar nou, hiervandaan?"

Kom tog by die punt uit, sê wat jy bedoel
Wat is jou agenda, wys ons, wys ons, wys ons
Hoe jy voel

Jy masturbeer met woorde, skynheilig arrogant
'n Selfbevlekte bleeksiel, met bloed aan elke hand

En ek wonder in die stilte na die TV tafereel
Wat God van ons moet d___ as Hy Sy gawes uitdeel
Aha, aha, amen
Of sit Hy vol genade, maar met rug na ons gekeer
Kopskuddend en verafsku met 'n beker rooibostee?

Fluit-fluit-amen
Een twee drie vier almal saam
Kom tog by die punt uit, sê wat jy bedoel
Wat is jou agenda, wys ons, wys ons, wys ons
Hoe jy voel x3
(Algemene chaos)

See also:

110
110.93
hay un lugar-teen angels12242 Lyrics
Steeler Chain Gang Lyrics