Amanda Strydom Vistenk Lyrics

Ek het 'n vriend, hy woon in 'n townhouse
Met tralies en slotte en 'n piepklein balkon
Vandaar sien hy smiddae die spitsuur verkeer
Op die besige snelweg en soms ook die son
En soms ook die son

My vriend het 'n vistenk met silwerglad visse
'n Plasiekkasteeltjie en klippies wat blink
Elke vis dra die naam van 'n minnaar wat weg is
Hy roep hul gereeld
En die name weerklink, ja die name weerklink

hy sê
Daar's baie visse in die see
Wat my nog groot genot kan gee
Eendag gaan ek die grote vang
Wat nooit weer van my weg sal gaan
Hoekom kyk jy so vir my

Daai dadaaida dadaai
Hoekom kyk jy so vir my

Deur die eensame townhouse met tralies en slotte
As die volmaan die nag met silwer bedek
Kan jy hoor hoe hy praat met sy blinkende harem
Wat wegswenk of luister met gapende bek

hy sê
Daar's baie visse in die see
Wat my nog groot genot kan gee
Eendag gaan ek die grote vang
Wat nooit weer van my weg sal gaan
Hoekom kyk jy so vir my

Ek lees 'n berig van 'n man in 'n townhouse
Hy't tragies in 'n vistenk vol visse verdrink
Die visse het reeds aan sy mond begin knibbel
Die polisie het niemand, niemand verdink

Ek het 'n vriend, hy woon in 'n townhouse
Met tralies en slotte en 'n piepklein balkon
Vandaar sien hy smiddae die spitsuur verkeer
Op die besige snelweg en soms ook die son
En soms ook die son

See also:

110
110.94
Priscilla Hernandez I steal the leaves Lyrics
usher & justin timberlake usher - if i want to (feat justin timberlake) Lyrics