Amanda Strydom Vrou by die spieël Lyrics

Sy sit by die venster en staar na die park
Die tyd het diep kepe om haar vol mond gehark
Sy hoor die sirenes - sy weet dit word laat
Sy bly nogtans wakker, kyk af na die straat
'n TV blêr langsaan sy staan vinnig op
Uit haar stoel by die venster en gooi nog 'n dop
Die park lyk verlate vanwaar sy hier staan
En hoog in die bome hang 'n geel sekelmaan

Koor:
En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.
Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay
Staan strak in die maanskyn soos bakens van lig
Sy raak aan haar w___ - sy glimlag en sug

Sy stap na haar kamer, gaan staan voor die spieël
Sy trek stadig uit, dis 'n ou ritueel
En nakend bekyk hul mekaar vir 'n uur
Die vrou met die boggel en die vrou teen die muur

Dit voel of sy lig word - sy droom sy kan vlieg
Sy tol in die rondte, laat die spieël vir haar lieg
Sy lig eers versigtig haar regterhand hoog
En dan volg die linker met 'n sierlike boog
En stadig verdwyn die gedrog op haar rug
En sy dans soos 'n vlam oor die vloer
Deur die sitkamer, badkamer, op die balkon
Waar die maan oor die park vir haar loer

Koor:
En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.
Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay
Staan blink in die maanlig soos tempels van hoop
En sy d___ ek sal môre 'n rooi rok gaan koop
Sy d___ ek sal môre die rooi rok gaan koop

See also:

110
110.94
Priscilla Hernandez But If You Go (extended ver.) Lyrics
Mylene Farmer mylène farmer & moby - slipping away, crier la vie Lyrics