Amanda Strydom Liefdeslied Lyrics

Almal smeek my maande lank om 'n liefdeslied te skryf
Asof ek maklik kan geboorte gee met die leegheid in my lyf
"Ons sien jy's so gelukkig", skoor 'n tydskrif nou die dag
"Deel tog met ons lesers wat jou deesdae so laat lag"

Koor:
Ek sê maar niks nie - glimlag net gedweë
Hoeveel moet mens die wêreld wys, hoe sit 'n mens jou teë
Teen nuuskierigheid van mense wat so graag wil weet en ruik
Aan die muskus van jou lelie en die mufheid van jou lyf

Almal smeek my maande lank om 'n liefdeslied te skryf
En ek onthou hoe jy hier weg is - al die rusies en gekyf
Hulle sou dit so geniet het - die verwyte en die pyn
En my liggie wat verbete teen jou aanslag probeer skyn

Koor:
Ek sê dus niks nie - glimlag net gedweë
Hoeveel moet mens die wêreld wys, hoe sit 'n mens jou teë
Teen nuuskierigheid van mense wat so graag wil weet en ruik
Aan die muskus van jou lelie en die mufheid van jou lyf

Almal smeek my maande lank dat ek 'n liefdeslied moet skryf
Asof ek maklik kan geboorte gee as dit leeg is in my lyf
Ons huis het oop en stil geword
Ek word elke aand bemin deur ekstatiese gehore
Wat die web al stywer spin

Koor:
Dan liewer niks nie - glimlag net gedweë
Hoeveel moet mens die wêreld wys, hoe sit 'n mens jou teë
Teen nuuskierigheid van mense wat so graag wil weet en ruik
Aan die muskus van jou lelie en die mufheid van jou lyf

See also:

110
110.94
Marihuana Cipress Hill Lyrics
Nicola Di Bari Il Mondo E'grigio Il Mondo E' Blu Lyrics