Amanda Strydom Dickie se lied Lyrics

d___ie is skaars dertien
Sy maak haar lippies rooi
Sy't lankal al haar lappop
Op die ashoop weggegooi
d___ie rook 'n camel
Sy skink 'n glasie wyn
Sy sê dit maak die stemme stil
Al proe dit soos asyn

Koor:
En d___ie sê sy's eensaam
d___ie sê dis laat
d___ie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur

d___ie suig op veertien
Soet dagga uit'n pyp
Sy dans alleen vir niemand
Haar mond is oop en ryp
d___ie staan op agtien
Verwese in die straat
Sy's uitgeleef en deurmekaar
Sy bly aanhoudend praat

Koor:
En d___ie sê sy's eensaam
d___ie sê dis laat
d___ie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur

Net d___ie sien die ou man
Net d___ie hoor hom roep
Sy's tien jaar oud
En hardloop weg
Vir sy hande op die stoep
Iemand het 'n lappop
Op die ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend
Geskeur en nie meer mooi nie
'n traan loop oor haar lappopwang
Want dit begin te reën
En daar lê sy ou lappoppie
Op die ashoop so alleen

d___ie drink op twintig haar laaste bitter pil
Haar arms om 'n teddiebeer
Haar lyk is jonk en stil

See also:

110
110.94
Amanda Strydom Houvrou Lyrics
chains of misery iron maiden Lyrics