Amanda Strydom Die plukker Lyrics

Ek sien 'n sonryp perske daar doer bo aan 'n tak
Hy groei hier en hy gloei daar vol sap en lig gepak
Ek haal my hoogste trapleer
want dit moet mens verstaan

'n Plukker moet sy klim ken as hy'n boord ingaan
'n Plukker moet sy klim ken as hy'n boord ingaan

Ek dra my trapleer na die boom en plaas
hom net mooi reg
So met die eerste trapslag klim ek die aarde weg
So met die eerste trapslag klim ek die aarde weg

Al hoër en al hoër op boontoe na die vrug
Al hoër en al hoër my mandjie op my rug
Verby tak, blaar en wolke trap vir trap, dis ver
Verby die son, verby die maan verby planeet en ster
Verby die son, verby die maan verby planeet en ster

So hoog klim ek dat onder sien ek die heelal draai
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai

Aan die toppunt van my leer huiwer ek 'n ruk
Dis bra moeilik, selfs'n kuns om so 'n ding te pluk
Dan reik ek uit en vat hom - sy sap kan ek al proe

Laat val hom in die mandjie
En dra hom aarde toe
Die vrug deel ek met almal - ek sê neem, eet en glo
Want hierdie stukkie perske kom uit die boord daarbo
Hierdie stukkie perske kom uit die boord daarbo

See also:

110
110.94
Priscilla Hernandez Nightmare Feat. Gaston Iungman Lyrics
Masia One Natural Progression Lyrics