Amanda Strydom Woorde Lyrics

Goeiemôre, goeiemiddag, goeienaand
Baie dankie vir 'n wonderlike aand
Veels geluk en bly te kenne vat die hand
Simpatie, want ek voel saam met jou vanaand

Koor:
Dis alles woorde, net leë woorde
Op vals akkoorde
En almal sing dit almal sing ja almal sing dit saam

Alle sterkte en onthou daar's krag na kruis
Kom weer kuier en sê groete by die huis
Ons hou almal duimvas kom tog veilig tuis
Doen jou plig en eendag sal jy almal wys

Koor:
Dis alles woorde, net leë woorde
Op vals akkoorde
En almal sing dit almal sing ja almal sing dit saam
Vaarwel - net leë woorde - op vals akkoorde - vaarwel

See also:

110
110.95
Sisu & Puya ft. Supered Aici e Romania[www.boitan.as.ro] Lyrics
The 13th Warrior Soundtrack Viking War Poem Lyrics