Amanda Strydom Strydom-Amandla Lyrics

Strydom/Amandla manies depressief
So staan dit opgeteken in my dokter se argief
Ek praat te veel
Ek lag te hard
Daar's stemme in my kop
Die wanbalans is bipolêr
- ons sluit haar liewers op

My dokter is aansienlik
Hy's blond en bruingebrand
'n Connoiseur in psigiatrie
Gewerf in die buiteland
Hy vra my oor my kleintyd
My moeder en my pa
Was hulle dalk ook depressief
Ek antwoord toe maar - ja

Koor:
Hit me with valium
Fill me up with lithium
Stick me full of needles
'Cause I'm crazy crazy
'Cause I'm crazy

Die tralies voor my venster is vir veiligheid bedoel
So sê nurse Van Staden en sy glimlag ewe koel
En die dapperes bring blomme
Die skugteres bly weg
Die pers kom loer soos jakkalse en skryf
"Meisie, dit gaan maar sleg"

Koor:
Hit me with valium
Fill me up with lithium
Stick me full of needles
'Cause I'm crazy crazy
'cause I'm crazy

Ek vleg bedags macrames
Speel smiddae terapie
En saans help ek Dolores om met waardigheid te pie

In Junie word ek vrygelaat ek's vet en lui gelê
Die pyn en die vernedering - wat gaan die mense sê?
Ek liefkoos nou my stilte, daar's watte in my kop
My dokter het my mak gemaak - kyk
Ek lyk nou nes die trop

See also:

110
110.95
Ulla Meinecke Hafencafe Lyrics
Eruption & Precious Wilson One way ticket(maxi mix) Lyrics