Foto Na Dans Intervensie Lyrics

Dis die leemtes wat almal vul weens gebrek aan someraande
kommentaar van alle tipes,lei tot verdamping van blou trane.
Ek bibber dikwels sonder koue hierdie drama verg 'n vreugde.
Slegs beskikbaar aan die dwase ek skuil agter versteekte redes.

Die intervensie veroorsaak slegs 'n oponthoud
deur windbewaaide siel keer.
Ek is blind en voel verwaarloos
verkrag met skerms oop.

Ek sal myne ruil vir joune,as dit die simmetrie versteur.
Uit reghoek reguit riglyne,word abstraksie straks blameer.
Ek verkyk my aan jou dapperheid,jou oorwinnings wel verdien.
So verlaat my nou ek bid, o Heer, jy't jou laaste kans verbeur.

Die intervensie veroorsaak slegs 'n oponthoud
deur windbewaaide siel keer.
Ek is blind en voel verwaarloos
verkrag met skerms oop.

See also:

116
116.12
David Guetta 05_Tomorrow can wait Lyrics
Meho Puzić Koja gora Ivo Lyrics