Foto Na Dans verkleur en vernom Lyrics

Lag, lag soos wat net jy kan, vir dinge wat min verstaan
Hou jou hand voor jou mond, totdat alle emosie vergaan
Hou die trane terug, dit was die kleure af.
Verduur, verduur die glimlag vriend, dit sal jou binnekort verslaan

Ons heupe vas, geraamtes dol, tree die tree wat tel
Dis die stille plek, waar ons stories kan oorvertel.

Kom kom verheerlik die beton, die beton oerwoud agtergrond
Kom sukkel, sukkel saam, kom vrees die hoogtes
Kom tree nou aan by 'n eenheidsfront
Verduur, verduur die glimlag vriend, dit sal jou binnekort verslaan.

Volg, volg my staaltjies ons kan die afgrond saam travers
Sleep net oop met rooi vlae hoog geloofskleed swart kombers
Kripties lei ek jou deur als plesierig, lig vermom.

See also:

116
116.12
林子祥 生命之曲 Lyrics
Diana Kraal Angel Lyrics