Fokofpolisiekar Monoloog in stereo Lyrics

‘N baie algemene mens
met baie algemene woorde
in ‘n algemene huis
kweek algemene drome
‘n dosis pynverdowers
op die ou einde van die dag
is dit seker maar
al wat jou gelukkig maak

en oor en oor
‘n monoloog in stereo
op ‘n mooi dag
soos vandag

ek wonder soms
soms wonder ek
die son skyn gelukkig
gelukkig skyn die son

‘n baie standaard geesteskluis
waarin ek myself toesluit
die herlewing was toe net korttermyn
ek het by die agterdeur uitgegly
as jy voel jy moet dan moet jy

as daar soveel van ons is
hoekom sal enige iemand jou mis

See also:

44
44.18
Evils Toy Angels Only! (Beyond) Lyrics
Gat Tan Day Phan nan Lyrics