Fokofpolisiekar Lugsteuring Lyrics
            Die toeskouers se breindood glimlae raak te veel vir my
            Die pyn van verwaandheid
            martel al die murg
            by my gebeendere uit
            Vir almal wat onkundig is
            wees bly
            Gee vir my jou siel
            of ek sal hom moet steel
            Ek is seker maar net verveeld
            Ek is seker maar net verveeld
            Wat moet ek doen om weer lewendig te voel?
        
            Ek is die haat wat jou vorseer
            om jouself aan te rand
            Ek is die pyn wat wegkruip
            in als wat jy wil versteek
            Ek is die wroeging in jou waansin
            die geluk wat jou weg eet
            ek is die een wat jou wil red
            en dan martel
        
            Wat is fout met my?
            Kan ek n professionele diagnose kry?
        
            Ek wil net nie verveeld wees in
            hierdie lewenslang kleedrepetisie nie
            Is die monster wat jou jaag
            emosionele progressie?
            Is jy die enigste vyand van
            spirituele tegnologie?
            Ons oë is vervang met skerms
            en ons siele met prentjies van die see
        
            Daar's nog baie bier
            om te drink
            en kak om te praat
            voor ons die wêreld begin regmaak
            My kop raas al vir dae
            en my fokken oe
            bly fokken swaar
        
            Daar's nog baie brein
            om te spoel
            voor die verlore gevoel
            gaan verdwyn
            so, hello toetssein
            Toetssein
            Toets my
        
See also:
JustSomeLyrics
45
45.2
Propagandhi Letter of Resignation Lyrics
Soundtrack Cells Lyrics